send link to app

PWL Bybel


4.6 ( 6816 ratings )
Kitaplar
Geliştirici: Francois Du Preez
ücretsiz

Die Pad van Waarheid tot die Lewe is n projek gebore uit die soeke na die korrekte vertaling van die Woord van God as deel van die herstel van die Koninkryk van God op aarde.

Daar is so baie verskillende vertalings op die mark wat op baie plekke verskil.

Sommige van hierdie verskille het geloofs- en leringsimplikasies. Dit wil ons graag aanspreek.

Soms is daar wel ooreenkomste, maar dan verskil dit met ander plekke en leringe in dieselfde Bybel.

Vader se Naam sowel as die Naam van Sy Seun word of glad nie deurgegee nie of verkeerdelik verteenwoordig en vervang.

Hier wil ons graag vir u die antwoorde op brandende vrae gee met slegs die Woord van God, vertaal uit die werklike oorspronklike, as riglyn en standaard.

Ons sal ook vir u inligting gee oor die oorspronklike taal, Aramees.

As u inligting soek wat u nie hier kon vind nie, kontak ons asseblief.